As jy die
blog "Vuur" gelees het, sal jy sien dat die Vuur van God binne ons
moet brand. Die Vuur van God maak ons
Een met Hom. (Lees asb eers daardie blog
voordat jy hierdie lees, dan sal jy beter verstaan.)
Die
volgende is presies hoe HG my gelei het om hierdie deeltjie oor Vuur te skryf:
Ons moet
God se Woord vrystel in die geestelike atmosfeer. As die Woord opreg gespreek word uit 'n hart
van "Vuur", stel dit 'n krag vry wat ver in die atmosfeer instrek -
geen demoniese werking kan daardeur dring nie.
Dis soos 'n deurskynende vuis wat hulle tref en hulle daar op 'n afstand
hou. Die Woord het krag net as dit uit
'n opregte mond kom. As daar vuur uit
jou mond kom, verbrand jy self al daardie Woorde om jou tot as. Ek sien hoe val al daardie woorde in 'n hopie
as op die grond en dit betekn niks. Dan
is daar geen krag in die Woord nie. Die
vuur moet in jou hart wees en die Woord in jou mond. Die Woord in jou mond gaan uit jou mond uit
d.m.v die Vuurtjie binne jou. Die
Vuurtjie binne jou sit die Woord in jou mond.
As jy nie die Vuur binne jou het nie, gaan 'n woord uit jou mond ook
niks beteken nie. God is 'n God van
orde. Dinge moet in orde wees met God se
dinge. Geen deurmekaarheid nie. Jou verhoudinge met God moet reg wees. Jy moet jou hand deur die vuur na Jesus toe
kan steek om Sy deurboorde hande te kan vat sonder dat die vuur jou brand. Jy moet Jesus so kan vertrou om alles te doen
wat Hy se. As Hy se steek jou hand deur
die vuur, moenie huiwer om dit te doen nie.
Dan sal die vuur jou nie brand nie.
Doen wat God se jy moet doen.
Vertrou Hom. Moenie huiwer
nie. Alles wat God sê is waar en geen
leuen nie As jy jou hand deur die vuur
na Jesus steek, is jy een met Hom. HG
maak julle Een. Jesus leef dan ook binne
jou. Die Vuurtjie brand binne jou hart
en sal vir jou lig maak vir die pad waarop jy stap in 'n donker wereld. Die wereld is koud en pikdonker. Maar as jy die vuur binne jou het, is jy warm
in die koue wereld en skyn jou liggie sodat jy op die pad van God sal bly. Dit maak vir jou 'n lig.
God het
vir ons die Woord gegee vir verskeie redes, en een van die redes is dat ons die
bose mag veg met die Woord, want die Woord is lewend en kragtig (Hebr
4:12). As ons Een is met God deur die
Vuur wat binne ons brand, kan ons die bose op 'n afstand hou deur hul te veg
met die Woord van God. Dan het ons
oorwinning oor die bose. Jesus het
gesterf vir ons sondes en die bose klaar oorwin. Maar dit beteken nie ons kan leef soos ons
wil en dat ons dan nogsteeds outoriteit het oor die bose nie. As ons die self in ons gekruisig het en
onsself oorgegee het aan God, en waarlik 'n pad saam met God begin stap, Hom
vertrou in ons lewe, ons hand deur die vuur sal druk wanneer Hy so sê, sal die
Vuur binne ons begin brand. Wanneer die Vuur in ons harte brand, moet ons waak
daarteen om nie vuur by ons monde te laat uitkom nie. Jy kan net een vuur in jou hê - óf die vuur
in hart, óf die vuur uit jou mond. Ons
almal faal met tye en laat dan vuur uit ons monde kom, ons almal foutteer met
tye. Gelukkig kan ons terughardloop na
God, ons foute bely en vergifnis aanvaar, maar dan moet ons regtig waak teen
daardie fout wat ons begaan en dit nie die volgende dag weer doen nie. Ons moet regtig werk maak daarvan om dan
daardie fout in ons lewe te oorkom, want anders kan ons nooit in volle
oorwinning op aarde leef nie. As ons die
vuur elke dag uit ons monde laat kom, doof ons die Vuur in ons harte heeltemal
uit. Dit is baie hartseer. Ons is veronderstel om "vessels"
van God te wees wat aan die brand is vir Hom, want Hy wil ons gebruik om ander
se gebluste vure binne hulle, weer aan die brand te kry.
As die
Vuur in jou brand, gaan die bose klaar vlug van jou. Maar nou het God vir ons nog die Woord ook
gegee om die bose mee te veg. Ons moet
die Woord spreek en dit gebruik, dit is tot voordeel van ons. Die Here wys my in die gees dat wanneer ons
Woord spreek, gaan hang daardie Woorde letterlik in die Gees om ons en die bose
is so bang vir daardie Woorde, want hulle weet baie goed die Woord kom van God
af. Die Woord wat ons spreek is lewend en dit doen wat dit sê. Maar die oomblik
wanneer ons vuur by ons monde laat uitkom, verbrand dit al hierdie Woord wat
ons gespreek het en dit val tot as op die grond. Dan beteken die Woord wat ons gespreek het,
absoluut niks. Sien jy hoe gevaarlik is
dit om jou tong as 'n vuur te gebruik?
Ons verloor dadelik ons outoriteit teen satan. Ek het al op verskeie plekke gehoor mense sê
Jesus het gesterf aan die kruis en dit gee ons die outoriteit teen satan. Dit is bogpraatjies! Dit is mense op die verkeerde pad wat jou en
my agter hulle wil aansleep hel toe. En
as jy in 'n kerk sit en jou dominee preek dit van die preekstoel af, doen
jouself 'n guns - vat jou Bybel en jou offergawe (as hulle dit nie alreeds
gevat het nie) en stap asb uit daardie
kerk uit, want daardie leraar is dan besig om 'n gebou vol mense saam met hom
na die verderf te lei. Gaan soek vir jou
dan 'n ander kerk, en laat weet my ook asb as jy een kon vind waar die leraar
nie die mense om die bos lei nie.
Jesus het
gesterf aan die kruis en Hy het die bose oorwin. As ons sterf aan onsself en regtig vir God
begin leef, m.a.w die Vuur binne ons begin brand, dan gee God aan ons die
outoriteit oor die vyand. Maar dis
onregverdig van ons om te wil lewe soos ons wil en Jesus se Naam net te
misbruik om outoriteit oor satan te kan kry.
No comments:
Post a Comment